Mao Zedong

Hierdie naam is volgens die Chinese gebruik; die van is Mao en die voornaam Zedong.
Mao Zedong
毛泽东
Mao Zedong
Mao Zedong in 1959.

1ste Voorsitter van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van China
Ampstermyn
19 Junie 1945 – 9 September 1976
Vise Liu Shaoqi
Lin Biao
Zhou Enlai
Hua Guofeng
Voorafgegaan deur Hyself (as Sentrale Politburovoorsitter)
Opgevolg deur Hua Guofeng

1ste Voorsitter van die Sentrale Politburo van die Kommunistiese Party van China
Ampstermyn
20 Maart 1943 – 24 April 1969
Voorafgegaan deur Zhang Wentian
(as Sentrale Komitee se algemene sekretaris)
Opgevolg deur Hyself (as Sentrale Komitee se voorsitter)

1ste Voorsitter van die Kommunistiese Party se Sentrale Militêre Kommissie
Ampstermyn
23 Augustus 1945 – 1949
Ampstermyn
8 September 1954 – 9 September 1976
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Hua Guofeng

1ste Voorsitter van die Nasionale Komitee van die Chinese Volk se politieke Raadplegende Konferensie
Ampstermyn
21 September 1949 – 25 Desember 1954
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Zhou Enlai

Erevoorsitter van die Nasionale Komitee van die Chinese Volk se politieke Raadplegende Konferensie
Ampstermyn
25 Desember 1954 – 9 September 1976
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Amp afgeskaf

1ste Voorsitter van die Volksrepubliek China
Ampstermyn
27 September 1954 – 27 April 1959
Vise Zhu De
Eerste minister Zhou Enlai
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Liu Shaoqi

Lid van die Nasionale Volkskongres
Ampstermyn
15 September 1954 – 18 April 1959
Ampstermyn
21 Desember 1964 – 9 September 1976

Persoonlike besonderhede
Gebore 26 Desember 1893
Sjaosjan, Hunan, Qing-dinastie
Sterf 9 September 1976 (op 82)
Beijing, Volksrepubliek China
Politieke party Kommunistiese Party van China
Eggenoot/-note Luo Yixiu (1907–1910)
Yang Kaihui (1920–1930)
He Zizhen (1930–1937)
Jiang Qing (1939–1976)
Kind(ers) 10
Religie Geen (Ateïs)
Handtekening

Mao Zedong (Chinees: 毛泽东; ou Afrikaanse spelling: Mao Tse-toeng; 26 Desember 18939 September 1976) was 'n kommunistiese Chinese politikus en partyleier. Hy was vanaf die stigting van die Volksrepubliek China in 1949 tot en met sy dood in 1976 die leier daarvan. Hy het op 1 Oktober 1949 president van die Volksrepubliek China geword.

Sedert die stigting van die Kommunistiese Party van China in 1921 was hy een van die leiers van die Chinese Revolusie. In 1935 het hy voorsitter van die party geword. Sy opvatting van Marxisme (Maoïsme) het daarna steeds meer die amptelike beleid van die party geword. Die persoonlikheidsverheerliking van Mao het tydens sy leeftyd al groteske vorme aangeneem.

Mao Zedong was die oudste seun uit 'n arm boeregesin wat in die omgewing van Changsha, die hoofstad van Henan in Sentraal-China, 'n lappie grond besit het. Sy vader was outoritêr en sy moeder 'n saggeaarde en gelowige Boeddhis. Die modernistiese klimaat van Henan het daartoe bygedra dat Mao op 7-jarige leeftyd reeds die laerskool bygewoon het. In daardie tyd was dit vir 'n boereseun eerder die uitsondering as die reël.

Mao kondig op 1 Oktober 1949 die stigting van die Volksrepubliek China af.
Mao ontmoet pres. Richard Nixon van die VSA in 1972.

Hy word ook soms "Voorsitter Mao Zedong" genoem, omdat hy van 1935 die voorsitter van die Kommunistiese Party van China was. Sy Marx-Leninistiese teorieë, militêre strategieë en politieke beleid is gesamentlik bekend as Marxis-Lenenis-Maoïsme (dikwels verkort tot Maoïsme).

Mao was 'n omstrede figuur, en tog word hy as een van die belangrikste individue in die moderne geskiedenis van die wêreld beskou.[1] Hy het hoë aansien in die Volksrepubliek China geniet. Sy ondersteuners het hom as 'n groot leier beskou en groot prestasies aan hom toegedig, insluitende die modernisering van China en die uitbouing daarvan as 'n wêreldmag, die bevordering van die status van vroue, die verbetering van onderwys en gesondheidsorg, die verskaffing van universele behuising en 'n verhoogde lewensverwagting omdat China se bevolking gedurende sy leierskap van ongeveer 550 miljoen tot meer as 900 miljoen gegroei het.[2][3] Maoïste besing ook die rol wat hy as teoretikus, staatsman, digter en 'n visioenêre leier gespeel het.[4]

In teenstelling hiermee word hy deur historici en kritici beskryf as 'n diktator wat stelselmatig menseregte geskend het en wie se leierskap gelei het tot die dood van 40 miljoen tot 70 miljoen mense as gevolg van hongersnood, dwangarbeid en teregstellings.[5][6][7] Dit is die meeste mense wat tot op hede in vredestyd om die lewe gebring is, selfs meer as wat deur Hitler of Stalin se beleid veroorsaak is.

  1. "Mao Zedong". The Oxford Companion to Politics of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2006. Besoek op 23 Augustus 2008.
  2. The Cambridge Illustrated History of China, by Patricia Buckley Ebrey, Cambridge University Press, 2010, ISBN 0-521-12433-6, bl. 327
  3. Atlas of World History, deur Patrick Karl O'Brien, Oxford University Press US, 2002, ISBN 0-19-521921-X, bl. 254, link
  4. Short 2001, p. 630 "Mao had an extraordinary mix of talents: he was visionary, statesman, political and military strategist of cunning intellect, a philosopher and poet."
  5. Short 2001, p. 631
  6. Rummel, R. J. China's Bloody Century: Genocide and Mass Murder Since 1900, 1991. ISBN 0-88738-417-X
  7. Fenby, J (2008). Modern China: The Fall and Rise of a Great Power, 1850 to the Present. Ecco Press. p. 351. ISBN 0-06-166116-3. Mao's responsibility for the extinction of anywhere from 40 to 70 million lives brands him as a mass killer greater than Hitler or Stalin, his indifference to the suffering and the loss of humans breathtaking

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search